Aflewering

Alle aflewerings word deur ‘n koerierdiens regoor Suid-Afrika hanteer teen ‘n koste van R99 of gratis vir alle aankope met die eind totaal van R750 of meer. Indien enige afslag koepons gebruik word, moet die eind totaal nogsteeds R750 bereik om vir gratis aflewering te kwalifiseer.
(Ekstra fooie kan gehef word vir aflewerings na Plase, winkelsentrums, staatsgeboue en afgeleë dorpies)

Aflewerings koste hang af van die grootte en gewig van die item asook die aflewerings adres (Indien van toepassing).

Aflewering vind plaas binne 3 – 5 werksdae vanaf datum van bestelling en betaling na enige hoofstad of dorp. Party dorpe word slegs een keer per week deur ‘n koerier gediens en kan langeras 5 dae neem vir aflewering. Die Bees kan nie aanspreeklik gehou word vir laat aflewering as gevolg van enige rede buite ons beheer nie.

U sal per e-pos in kennis gestel word wanneer u bestelling versend word en ‘n nasporingsnommer verskaf sal word met ‘n skakel waarop u self die status van u aflewering kan dophou. Enige navrae oor die nasporing van ‘n pakkie, kan direk met die koerier navraag gedoen word.

Alle items wat deur die koerier afgelewer word, moet deur die ontvanger gekontroleer word. Enige vermiste of beskadigde items moet op die lyter (waybill) aangeteken word voordat die aflewering onderteken word. Indien dit nie so aangeteken word nie, kan enige uitbetaling of vervanging van items geweier word.

Ons kan nie aanspreeklik gehou word vir enige eise wat verband hou met laat aflewerings as gevolg van protesaksie of enige ander situasie uit ons beheer nie. Ons doen egter ons bes om alle bestellings binne die gegewe tydsraamwerke af te lewer.

Ons koerier vennote doen net aflwerings op weeksdae (Maandae tot Vrydae) binne kantoorure. Maak seker dat u of ‘n verteenwoordiger beskikbaar is by die adres wat op die bestelling gespesifiseer word om die item binne die bogenoemde tye te ontvang.

Terugbesorging

Terugbesorgings kan gereel word deur ‘n e-pos te stuur na hello@diebees.co.za. Jy kan in die e-pos jou bestelling nommer aanhaal en die items lys met die rede vir die terugbesorgings. Sodra dit goedgekeur word, kan jy die items goed verpak en instruksies volg wat jy op ‘n e-pos sal ontvang.

Geldige redes vir terugbesorging sluit die volgende in:
– Item pas nie
– Item het ‘n fabrieksfout of is beskadig
– Item is nie dieselfde soos geadverteer word nie

Sodra jou item(s) terug ontvang is en geinspekteer is. Word daar ‘n koepon uitgereik vir die waarde van die item(s) minus die koerier fooi van R99. Die koepon kan gebruik word op enige toekomstige bestelling en items van jou keuse (indien beskikbaar)

Alle items moet terugbesorg word binne 7 day vanaf aflewering en moet in die oorspronklike verpakking wees, ongebruik, ongewas en met oorspronklike etikette op die item.

Ons kan ongelukkig nie kontant terugbetalings doen tensy die terugbesorging van die items weens Die Bees se fout gedoen is nie